
Welkom by Hoëveldrif Chemikalieë (Pty) Ltd
Hoëveldrif Chemikalieë is ‘n familie-gedrewe besigheid wat sedert 1984 betrokke is in die landbousektor. Met dekades se ervaring en toewyding streef ons daarna om aan ons kliënte die hoogste gehalte produkte en uitmuntende diens te lewer. Ons glo in die belang van langtermyn verhoudings met ons kliënte, en daarom is ons toegewyd om hulle met kennis en ondersteuning by te staan om hul boerdery bedrywighede suksesvol en volhoubaar te maak. By Hoëveldrif Chemikalieë staan integriteit en kwaliteit sentraal in alles wat ons doen, en ons is trots om ‘n betroubare vennoot vir landbouers regoor die land te wees.